Hierdie boek is spesiaal ontwikkel om die graad 1 leerder se taal en woordeskat uit te brei. Nadat hy in die klas op ʼn konkrete wyse die letters van die alfabet aangeleer het, kan dit in die klankboek ingeoefen word sodat die nuwe kennis vasgelê kan word. Daar is ook ruimte in die boek waar die leerder op ʼn skoon bladsy die huiswerk kan doen. Huiswerk bestaan uit die soek van prente wat begin met die nuut aangeleerde letter en dan ingeplak word. Die ouer of voog skryf dan onderaan die prentjie die korrekte naam. Die boek dien dan as ʼn “lekkerleesboek” wat werk op die beginsel van insidentele lees.