Die Wiskunde werkboek vir Graad 1, boek 1 is deur ICO saamgestel en voldoen aan die KABV leeruitkomste soos deur die
departement van onderwys vereis. Die boek is met ekstra inhoud verryk. Dit is belangrik vir die onderwyser om kennis
te neem van die feit dat, alhoewel die inhoud aan al die gestelde vereistes voldoen, die volgorde van die lesinhoud
nie noodwendig dieselfde is soos aanbeveel in die KABV nie. Daar is veral in die Waterstroom kurrikulum gefokus op
ʼn volgorde wat vaslegging van wiskundige begrippe bevorder. Vir die leerder wat vinniger werk is daar addisionele
opdragte ingevoeg wat ekstra uitdagings bied aan die wat dit nodig het. Dit is opdragte wat nie deur alle leerders voltooi
hoef te word nie.