Hierdie boek is spesiaal ontwikkel en vrolik geillustreer om die graad 1 leerder se taal en woordeskat uit te brei. Die boek word in kwartaal 1 gebruik. Dit leer al die klinker-klankfamilies aan die hand van eenvoudige stories aan. Die stories werk op die beginsel van assosiasies om sodoende die klanke makliker vas te lê. Elke storie word ook opgevolg met “hoëfrekwensie-sigwoorde” wat die graad 1 leerder benodig om vlot en vloeiend te kan lees. Aan die einde van die kwartaal moet die leerder al die hoëfrekwensie woorde vinnig en vlot kan lees. Dit kan tuis en in die klas ook met behulp van flitskaarte ingeoefen word.