Die Wiskunde werkboek vir Graad 1, boek 4 is deur ICO saamgestel en voldoen aan die KABV leeruitkomste soos
deur die departement van onderwys vereis. Die boek is met ekstra inhoud verryk. Dit is belangrik vir die onderwyser
om kennis te neem van die feit dat, alhoewel die inhoud aan al die gestelde vereistes voldoen, die volgorde van die
lesinhoud nie noodwendig dieselfde is soos aanbeveel in die KABV nie. Daar is veral in die Waterstroom kurrikulum
gefokus op ʼn volgorde wat vaslegging van wiskundige begrippe bevorder. Vir die leerder wat vinniger werk is daar
addisionele opdragte ingevoeg wat ekstra uitdagings bied aan die wat dit nodig het. Dit is opdragte wat nie deur alle
leerders voltooi hoef te word nie.