Hierdie boek is spesiaal ontwikkel om aan die graad 1 leerder funksionele skriftelike taal vas te lê. Die boek het ten doel om die letters wat aangeleer word ook korrek te kan skryf. Die volgorde van die letters is ooreenkomstig ʼn oulike “klankstorie” wat werk op die basis van assosiasie. Die nuwe letter word eers nagetrek sodat die leerder ʼn gevoel van die vorm van die letter kry. Daarna word die letter op ʼn 16mm waterlyn geoefen. Aan die einde van die boek is daar ook oefeninge wat fokus op die
voorlopers van lopende skrif.