Bybel Gr 1 (Waterstroom) Kleur

ICO
Beskikbaar: 15 in voorraad
SKU: 5032
Kode: 9780639813059
R75,00

Die doel van die Bybelkurrikulum is om leerlinge te lei na grondige kennis, vorming, vaardigheid en insig van vakinhoud en beginsels, sodat hulle daarmee die Here kan vertrou, leer liefkry en leer om Hom van harte te dien. Hierdie kennis moet hulle in hul eie lewe daagliks kan toepas om behalwe die Here lief te hê ook hulle naaste te kan lief hê soos hulleself.
Leerlinge word deur die hele skoolloopbaan gelei om op ʼn geïntegreerde wyse in elke vak drie hoofwaardes as
begronding van die inhoud raak te sien. Hierdie drie hoofwaardes is:
Godsaanskouing: Openbaring. God openbaar Homself in Jesus Christus aan die mens. Hy openbaar Hom op
twee wyses; deur sy skepping en deur die Woord. Hy is God drie-enig en regeer as een Wese, maar drie Persone
nl. God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees.
Mensbeskouing: Beeldskap. God skep die mens as unieke wese, na die beeld van God. God tree in ʼn
verbondsverhouding met die mens, daarom kan die mens in ʼn verbondsverhouding met God tree. Vanuit
hierdie verbondsverhouding is die mens nie net ʼn individu nie, maar ʼn gemeenskapswese wat aan God en sy
naaste verbind is. Hierdie verbondsverhouding is deur die sondeval gebreek, maar deur die verlossing van Jesus
Christus herstel. Deur die kennis van God word kinders gelei om te lewe as kinders van God.
Skeppingsbeskouing: Roeping. Die mens kry ʼn unieke taak of roeping op aarde. Die skepping moet bewerk,
bewoon en bewaar word (kultuuropdrag) waaraan hy gehoorsaam moet beantwoord.