Afrikaans Gr 1 werkboek 1 (Waterstroom) Kleur

ICO
Beskikbaar: Op aanvraag
SKU: 5048
Kode: 9781990954580
R105,00

Hierdie boek is spesiaal ontwikkel om die graad 1 leerder se moedertaalvaardighede uit te brei en vas te lê. Die inhoud is opgestel volgens die riglyne van die KABV met die klem op vaslegging. Klanke en handskrif hoort bymekaar omdat die aanleer van die klank en die vorming van die letter hand aan hand gaan. Leerders begin in Graad 1 “skryf” deur prente te gebruik, maar soos wat die vaardighede van lettervorming bemeester word, begin hulle om individuele woorde, byskrifteen volsinne te skryf. Leerders leer hoe afsonderlike letters ‘n woord vorm, hoe woorde sinne vorm, die belangrikheid van spasiëring en die korrekte gebruik van leestekens. Hulle ontwikkel ‘n uitgebreide woordeskat en leer hoe sinne deur byvoeglike naamwoorde en bywoorde verryk kan word. Soos wat hulle meer ervare raak in die skryf van hulle eie sinne, kan hulle aan paragrawe bekendgestel word.