Hierdie boek is spesiaal ontwikkel om die graad 1 leerder se taal en woordeskat uit te brei. Die boek word in kwartaal 1 gebruik. Dit begin by sogenaamde “prentjielees”. Daarna volg die “ hoëfrekwensie-sigwoorde” wat die graad 1 leerder benodig om vlot en vloeiend te kan lees. Aan die einde van die kwartaal moet die leerder al die hoëfrekwensie woorde vinnig en vlot kan lees. Dit kan tuis en in die klas ook met behulp van flitskaarte ingeoefen word.