Afrikaans Gr 2 werkboek 1 (Waterstroom) Kleur
Skrywer: ICO - Mariëtte Hordijk, Arina Linde & Anschen Wyma
SKU: 0027
Kode: 9781998976591
Uitgawe: 2023
In graad 1 – 3 is die hoofwaardes nie orals eksplisiet in die leerinhoud sigbaar nie, maar in graad 4 - 7 wel. Wat tale betref word die Bybelgefundeerde uitgangspunte selfs aan die graad 2 leerder geleer sodat hy uiteindelik in staat is om bogenoemde drie kernvrae te kan beantwoord. Die vertrekpunt van die vak is dat God deur die Woord alles geskep het. Die Woord het ook mens geword in Jesus Christus (Joh. 1:14). Die mens is na die beeld van God geskape en dit impliseer dat daar onderskeid is tussen die taal van diere en die taal van die mens (Gen. 1:26). Adam het bv. aan die diere name gegee en nie andersom nie (Gen. 2:20).
Om taal vanuit ʼn Christelike perspektief aan te bied is ʼn opdrag aan elke Christen taalonderwyser. Kinders moet leer om die skepping van God reg te benoem. Elke aspek van God se skepping wat reg beskryf word, vertel iets van die heerlikheid van God. Soos die kind se woordeskat en taal uitbrei leer die kind dus al meer van die wysheid van God.
Hierdie boek is spesiaal ontwikkel om die graad 2 leerder se moedertaalvaardighede uit te brei en vas te lê. Die inhoud is opgestel volgens die riglyne van die KABV met die klem op vaslegging.