Die Wiskunde handboek vir Graad 2, boek 3 is deur ICO saamgestel en voldoen aan die KABV leeruitkomste soos deur
die departement van onderwys vereis. Die boek is ook met ekstra inhoud verryk. Dit is belangrik vir die onderwyser
om kennis te neem van die feit dat, alhoewel die inhoud aan al die gestelde vereistes voldoen, die volgorde van die
lesinhoud nie noodwendig dieselfde is soos aanbeveel in die KABV nie. Daar is veral in die Waterstroom kurrikulum
gefokus op ʼn volgorde wat vaslegging van wiskundige begrippe bevorder.