Blitsvinnige Rosie se Avontuur

Skrywer: Madeleen Theron
Voorraad: 2 Beskikbaar
SKU: 6001
Kode: 9781990954566
R160,00

"Rosie, Rosie, Rosie!" weerklink dit in Rosie se ore terwyl sy trots met haar spoggerige bloedrooi perdekoets om die resiesbaan  van Laerskool Hoefyster paradeer. Sy is die wenner van 400 meter resies!

Na die atletiek stap Rosie, Blits en Bessie terug na hul plase toe. Wat 'n aksiebelaaide dag vir almal! "Rosie, jy moet vir ons vertel waar jy daardie merk op jou boud gekry het," sê Bessie. "Ja, en hoe jy dit reggekry het om die 400 meter resies te wen," lag Blits. "Het jy dalk skelm geoefen?" terg hy.