"Wat is jy, Kartoffel?" wil al die diere op die strand weet. Arme Kartoffel kan nie mooi onthou watter soort dier hy is nie! Is hy dalk 'n... wollie... of 'n waffel... of 'n wolffel?
Gelukkig is die diere vriendelik. Maar toe daar 'n rooijakkals aan hom begin ruik, wens Kartoffel sy ma wil kom help met al die vrae...