Vier seisoene kind

Skrywer: Wilna Adriaanse
Uitgawe: 2026
Grootte: A5
Bladsye: 480
SKU: 0517
R310,00

"Weduwee" is 'n verdrietige woord, 'n toestand waarmee Cato haar met moeite vereenselwig. Maar heir waar sy in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man, Neil, is dood, 'n skamele drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en Ben nog is; ook Marcus en Helen is net om die draai in Kaapstad. 

Of dit 'n goeie plan is om terug te gaan na die plek waar sy vir Neil ontmoet het, weet Cato nie, maar op die staduim wil sy nêrens anders wees nie. Veral nie alleen in Londen nie. Êrens tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die roudiens en die werklikheid van 'n leë plek langs haar in die bed, het sy die Cato wat sy geken het, verloor. En in haar plek 'n bang vreemdeling gevind.

Op Stellenbosch wag nie net haar vriende op haar nie, maar ook die gewilde Big Pink-teaterrestaurant. Hoe sy kans gesien het om dié onderneming te koop, weet sy nie, en sy wens nou dis net 'n nare droom. Dit help ook nie dat die vreemdeling langs haar op die vliegtuig vir haar sê daar bestaan nie iets soos beter dae nie...