Twyfelhoekies 36 rubrieke saamgebundel

Skrywer: Hannes Noëth
Voorraad: 6 Beskikbaar
SKU: 4003
Kode: 9781928269649
R45,00

Twyfelhoekies 36 rubrieke saamgebundel

Hierdie is die tweede bundel Twyfelhoekies. Saamgebundel op versoek van ons gereelde lesers wat die weeklikse stukkies so getrou volg. Die rubriek, Twyfelhoekie, verskyn sedert 4 Mei 2011 in die weeklikse gemeenskapskoerant Noordkaap, 'n koerant van Media24.

Die skrywer van hierdie rubriek is Hannes Noëth. 'n Gewone mens op 'n gewone plek wat leef tussen gewone mense. Hy word groot op die plaas Twyfelhoek, tussen Koffiefontein en Petrusburg en noem sy rubriek na sy groot-word-wêreld, want sê hy, "daar het ek geleer kyk, dink, ervaar, beleef, wonder, sien en hoor - die plaas Twyfelhoek het my sekuriteit gegee in 'n onseker wêreld."