Die stories in die LEER MY LEES-reeks is uniek, modern en prettig. Illustasies ondersteun die teks, maar is meer abstrak en die perfekte oorbrugging tussen die Grondslag- en Intermediêre fase.
Vlak 6 se stories fokus op langer sinne, langer paragrawe en ‘n moderne uitleg om lees- en taalvaardighede te konsolideer en hoërordedenke te stimuleer. Tippie stel die leser bekend aan nuwe woordeskat asook eg tradisionele Suid-Afrikaanse uitdrukkings binne die konteks van elke storie.