Die waardegedrewe sosiale wetenskap handboek vir Graad 7 is deur ICO saamgestel en voldoen aan die KABV leeruitkomste soos deur die departement van onderwys vereis. Dit is ook met ekstra inhoud verryk. Die handboek dek ʼn aantal aspekte van God se skepping en die menslike vermoëns om dit te benut, dus hoe om natuur en kultuur te omskep. Sosiale wetenskappe fokus op die leefomgewing en die taak van die mensdom in die skepping. In dié vakgebied geld die beginsel dat God oor alles regeer. Alle aardse verskynsels sowel as gebeure op die aarde word beskryf en beoordeel aan die hand van hoe God Homself in die Bybel openbaar. Die inhoud word opgedeel in twee dele naamlik Geografie en Geskiedenis en daar word gepoog om die inhoud so aan die leerders te bring dat hulle in staat sal wees om die eenheid tussen God se Woord en sy skeppingswerke kan sien.