Of hulle nou nuwe maats by 'n afrigtingskamp maak, 'n spesiale piekniek by hul ryskool reël, of 'n klomp gevaarlike perdediewe moet probeer vastrek - waar Anri en haar Stalmaats-vriende is, is daar altyd hope pret, aksie en avontuur!
Natuurlik is die katterige Vinette gedurig besig met allerlei planne om dei lewe vir die Stalmaats moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop.
1. Wegholrit
2. Waaghals
3. Perdepiekniek
4. Pretrit
5. Perdediewe