Stalmaats Omnibus 3

Skrywer: Lize Roux
Uitgawe: 2019
Grootte: A5
Bladsye: 288
SKU: 0194
R260,00

Of hulle nou skokkende bewerings oor die perde by 'n sirkus ondersoek, 'n spesiale afskeidsrit reël waar dinge onverwags skeefloop, of een stormnag 'n merrie en haar vulletjie moet red - waar Anri en haar maats is,is daar altyd hope pret en avontuur!

Natuurlik is die katterige Vinette gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir die res van die Stalmaats moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop.

1. Sirkusperde

2. Afskeidsrit

3. Perdespeuders

4. Rivierperde

5. Stormnag