Spurgeon: Die Prins van predikers
Saam gestel deur: Christian Timothy George
Vertaal: Mariana Viljoen Uitgawe: 2011
Grootte: A5
Bladsye: 97
SKU: 1024
Manufacturer part number: 9781920527198
Charles Spurgeon was ’n eenvoudige plattelandse seun, wat as een van die mees gevierde predikers ooit, bekendheid in Londen, Europa en die wêreld verwerf het. Toe hy in ’n sneeustorm vasgevang was, het hy by die agterste bank van ’n klein stowwerige, plattelandse kerkie ingesluip. Hy het nie ’n benul daarvan gehad dat, terwyl hy die yskoue temperatuur buite ontvlug het, hy voor die belangrikste besluit van sy hele lewe te staan sou kom nie.