In die Klein-Karoo bak die son warm en die wêreld is kurkdroog. Die plaasdamme is ook dolleeg. Al skadukolletjie is die lekker groot klapperbos met sy mooi, pienk balletjies wat skuiling teen die hitte bied. Maar, o aarde, padmakers besluit om ’n pad in die gebied te bou wat kan beteken dat dié stukkie skaduwee afgekap gaan word. Die diere is radeloos – totdat Skillie Skilpad met ’n briljante plan vorendag kom.