Saartjie Omnibus 7

Skrywer: Bettie Naudé
Uitgawe: 2018
Grootte: A5
Bladsye: 390
SKU: 1469
R215,00

In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit.

In Saartjie se verjaardag kom 'n dogtertjie met polio, Clara, op Lynnekom kuier. Sommer gou kruip sy diep in Saartjie-hulle se harte. Clara se suster, Carolina, sal enigiets doen om haar te help - selfs al beteken dit dat sy 'n belowende musiekloopbaan moet prysgee sodat hulle ouers Clara se mediese onkostes bekostig.

In Saartjie se drome lees Saartjie 'n liefdesverhaal en glo vas dat 'n droomman wat haar asem gaan wegslaan en haar knieë lam gaan maak iewers vir haar wag. Anna en lina stel voordat sy kyk of Galpil nie haar droomman is nie. 

In Saartjie se sirkus sorg 'n wêreldberoemde sirkus vir groot opwinding. Die sirkus soek iemand om gedurende een item klavier te speel en Saartije gaan vir 'n oudisie.

Saartjie het 'n sjarme wat oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.