Saartjie Omnibus 4

Bettie Naudé
Uitgawe: 2015
Grootte: A5
Bladsye: 425
SKU: 1473
R215,00

In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit.

In die Saartjie se skatte sorg spoke en skatte dat Saartjie weereens Lynnekom se heldin word. Sy en Gilpal gaan 'n weddenskap aan om te sien wie is bang vir spoke en wie nie. 

In Saartjie se kliek ontdek Saartjie 'n boek oor 'n groep meisies in Engeland wat 'n kliek gevorm het en besluit summier die Drie Muskiete moet 'n ander naam en nuwe doelstellings kry.

In Saartjie se kêrel lees Saartjie 'n artikel oor hipnose en besluit dadelik om Anna en Lina as proefkonyne te gebruik. Maar soos gewoontlik verloop dinge nie heeltemal soos beplan nie.

Saartjie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!