Saartjie die spinnekop met sewe bene

Skrywer: Riana Scheepers
Uitgawe: 2023
Grootte: 13.7 x 0.5 x 21.2 cm Bladsye: 40
SKU: 0191
R165,00

Saartjie lyk glad nie soos 'n gewone spinnekop nie, sy lyk meer soos 'n krap! As sy haar voorpote optrek, sal jy sowaar dink dis 'n klein krappie wat op die blom sit. Maar, Saartjie IS 'n spinnekop, want het jy al ooit 'n krap op 'n blom sien sit? Daar is nog iets anders wat Saartjie anders as ander spinnekoppe maak: Sy het net sewe bene. HOE HET DIT DAN GEBEUR?

 

In hierdie voorleesboek vir kleinjies en kleuters word op 'n prettige manier verduidelik waarom insekgif die verskriklikste ding op aarde is. En dat kinders met 'n kennis en liefde vir die natuur, sommer baie slimmer as grootmense is.