Pretoria, ook liefderik die Jakarandastad genoem, is een van die gewildste stede in Suid-Afrika. Dit was nog altyd 'n miernes van bedrywighede en het sekerlik een van die beste klimate ter wêreld. Tog het dinge oor die jare verander, en lyk die stad heelwat anders as in die jare 1940 tot 1990. Pretoria Stories is 'n versameling herinneringe uit daardie vergange tyd. Meer as 60 gemeenskaps-lede se stories, staaltjies en gedigte in Engels en Afrikaans word in hierdie bundel opgeneem en maak “ou Pretoria” lewendig.