Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in 'n pizzarestaurant by die see. Anja steur haar soos gewoontlik nie aan al Zanelle se praatjies oor ouens of aan tydskrifartikels wat sy lees nie- soos die een oor ouens en pizzas nie...
Ouens is soos pizzas
Stap 1: Moenie 'n Hawaiian-pizza bestel as jy pynappel haat nie.
Stap 2: Makk seker van die bestanddele voor jy bestel.
Stap 3: Onthou, die beste restaurant vat party keer langer om 'n pizza te maak- so gebruik 'n bietjie geduld
Dan ontmoet hulle twee aantreklike boeties: Markus met die blonde hare en blou oƫ en Abrie, die geheimsinnige donkerkop. Zanelle se vermoede is dat albei boeties op Anja verlief is, val op dowe ore. Maaar dan gebeur daar iets wat Anja en Zanelle woedend maak vir die twee sexy broers... en dinge raak warmer as 'n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!