Oor Bokdrolletjies en Rosyntjies

Jonathan Jansen
Uitgawe: 2011
Grootte: A5
Bladsye: 246
Voorraad: 2 Beskikbaar
SKU: 1525
Kode: 9781920434175
R50,00

Toe Prof. Jonathan Jansen 'n kind was, het sy ma 'n spreekwoord gehad wat hom bygebly het: 'My kind bokdrolletjies is nou eenmaal nie rosyntjies, al lyk dit baie dieselfde. Moet nooit die twee deurmekaar kry nie.'

Dis dan ook wat hy voortdurend in sy rubrieke doen wat die afgelope jare so gewild geword het in die Afrikaanse koerante: hy skei die kaf en die korrels op 'n onderhoudende manier. Hy glo nie daaraan om te maak of iets reg is as dit verkeerd is nie. Hy glo nie in toesmeerdery nie. Hy glo daarin om goed reguit te sê, soos dit is. Prof. Jansenhet al naam gemaak in die land, en nie alleen weens die Reitz-vier nie. Hy het die slag om die groot vraag stukke van ons land - menswees,, ras, politiek, godsdiens, saamleef al is dit moeilik - uit 'n gewone persoon se oogpunt te bekyk, met 'n sin vir humor maar ook met deernis. Gevra oor die sukses van sy omstrede rubrieke, sê hy: 'Man, mens moet altyd minstens die helfte van jou lesers die duiwel in maak - dit moet net nooit dieselfde helfde wees nie.' Dis 'n boek wat mens om die braaiplek, in die klaskamer of op die bus aan die dink en aan die praat sal sit.