Ontdekkingsreis deur die Bybel

Dave Strehler bied met ’n Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir kinders ’n Bybelhandboek spesiaal vir die jongklomp.
SKU: 0141
R200,00
Dié boek sal kinders help om sin te maak van die Bybel deur vir hulle praktiese, lekker en interessante maniere te wys om dinge oor die Bybel te leer. ’n Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir kinders lei kinders deur die Bybel deur die volgende opwindende bywerkings:
Antwoorde op die algemeenste vrae wat hulle het oor gebeure en karakters in die Bybel, interessante feite om hulle te stimuleer en hulle belangstelling te wek visuele voorstellings van wat hulle lees om hulle te help verstaan en onthou hedendaagse toepassings van sekere Bybelse konsepte en tradisies woordverklarings vrae met Bybelse verwysings vir antwoorde om hulle insig te verryk.