"O Vaalrivier!... Broederstroom"

V.E. d'Assonville
Beskikbaar: 2 in voorraad
SKU: 1421
Kode: 978620617109
R50,00

Totius se gedig oor generaal Christiaan Beyers en die Rebellie van 1914.

Die rebellie van 1914 was 'n tragiese gebeurtenis. Burgers wat twaalf jaar vantevore saam vir oorlewing teen Groot-Brittanje geveg het, 
het in 1914 op mekaar geskiet. Twee gedugte Boeregeneraals, De la Rey en Beyers, het hul lewens verloor. 
Generaal De Wet en ander het in tronke beland. Jopie Fourie is deur die regering gefusilleer. Pynlike emosies en bitter gevolge is onder ons mense ontketen.
Die vraag na honderd jaar is eenvoudig: Was die regering se optrede nodig? Hierop gaan hierdie boek in.