As leraar identifiseer Kobus ten volle met die nood en pyn van diegene wie hy geroep is om te dien asook die breër gemeenskap. Die gevolg hiervan is dat hy 'n intense passie het vir die trauma en verwonding van die stukkende gemeenskap waarbinne ons leef. Hierdie selfde innerlike roeping en meelewing word vervolgens treffend verwoord binne die groot verskeidenheid van temas in hierdie bundel.