Die waardegedrewe natuurwetenskap en tegnologie handboek vir Graad 5 is deur ICO saamgestel en voldoen aan die KABV leeruitkomste soos deur die departement van onderwys vereis. Dit is ook met ekstra inhoud verryk. Die handboek dek ʼn aantal aspekte van God se skepping en die menslike vermoëns om dit te benut, dus hoe om natuur in kultuur te omskep. God gee in sy Woord duidelike opdragte oor hoe en met watter doel sy skepping gebruik moet word. Hierdie handboek plaas ʼn deel van die skepping en die mens se bedrywighede in die lig van wat die Bybel ons daaroor leer.