My lewe terug in balans: (Gesprekke met God uit die Psalms - Leef Positief) - Deel 2

Skrywer: Jannie Botha
Voorraad: 2 Beskikbaar
SKU: 0841
Kode: 9781990954559
R115,00

Hoe lei God my om positief te leef en die regte dinge te doen binne elke aspek van my lewe? Hoe moet ek positief handel wanneer ek aan die einde van die dag kom en alles was negatief? Jy kan op 'n moedelose hopie van ellende gaan sit, of jy kan besluit om positiewe stappe te neem om die situasie te verander.

Die kruks van ons lewe is dat God altyd in beheer is en dat Hy jou lewe volledig en positief in sy hande hou. Ons opdrag is om nie uit eie krag te lewe nie. Ons moet in geloof handel en volkome afhanklik van God lewe.