Met ander woorde

Skrywer: Wilna Adriaanse
Uitgawe: 2025
Grootte: A5
Bladsye: 406
SKU: 0513
R310,00

Toe Kristina een aand nie huis toe kom nadat sy gaan draf het nie, bel haar twee huismaats die polisie. Hulle kry in die vroeƫ oggendure onder 'n bos teen die berg. Sy is by haar bewussyn, maar kan glad nie onthou wat met haar gebeur het nie. Daar is ook geen logiese verklaring vir die drastiese persoonlikheidsverandering wat sy sedertdien ondergaan het nie en ten einde raad op, word die hulp van 'n psigiater ingeroep.

Ben Krige het 'n praktyk en kliniek op Stellenbosch en wanneer Kristina oorkant hom plaasneem, is sy vir hom soos 'n labirint- vreemd en onbekend. Al wat hulle het, is woorde. Maar geleidelik breek woorde alle grense af en uiteindelik bring die pad hulle by 'n bestemming uit- al lyk dit soms anders as wat 'n mens jou dit voorgestel het...