Mens, waarom lyk die wêreld so?
Skrywer: Morné Diedericks
SKU: 1308
Kode: 9780992187880
God se teenwoordigheid en König se dwaalspoor.
"My persoonlike vrae: Mens, waarom lyk die wêreld so? Waar is God in hierdie swaarkry, deurmekaar wêreld? Is God naby, is Hy vêr? Hoekom het God swaarkry toegelaat?, het my gedryf tot die lewensveranderende ondersoek na antwoorde op hierdie vrae. Ek het ook al die antwoordtjies soos: "God is in beheer, moet nie bekommerd wees nie", "Alles sal reg uitwerk, jy sal sien", al gehoor. Hierdie was alles vir my leë woorde. Ek noem hierdie antwoorde die, "moet nie verder dink" antwoorde. "God waarom lyk die wêreld so?", die aktuele boek van Adrio König verenig die teoloog, filosoof en die gewone persoon op straat oor die probleem van kwaad swaarkry in ons lewe. König se antwoord op kwaad en swaarkry veroorsaak egter meer slapelose nagte. "Mens, waarom lyk die wêreld so?", bied 'n heeltemal ander perspektief as König op die probleem van kwaad en swaarkry asook vier praktiese maniere vir die hantering van kwaad en swaarkry in jou lewe."