Lewensorientering Gr 4 (Waterstroom) Kleur

ICO
Beskikbaar: 17 in voorraad
SKU: 5058
Kode: 9781990954634
R115,00

Die waardegedrewe Lewensvaardigheid handboek vir Graad 4 is in opdrag van ICO geskryf en saamgestel deur me Minjonet de Wind en voldoen aan die KABV leeruitkomste soos deur die departement van onderwys vereis. Dit is ook
met ekstra inhoud verryk.
Hierdie boek poog om die lewenshouding van leerders deur middel van Skriftuurlike waardes te rig. Die fondament vir hierdie vak kom uit Psalm 119:9 “Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na U Woord” Die norme en waardes wat die Here vir ons in sy Woord gee verander nooit nie, aangesien dit deur die Here self gegee is. Lewensvaardigheid wil die leerders help om hul lewens volgens hierdie norme en waardes in te rig. Die volgende Bybelse uitgangspunte t.o.v. lewensvaardighede word aan die leerders geleer:

Persoonlike en sosiale welsyn: selfontwikkeling

  • Waak teen die oorbeklemtoning van ‘n selfbeeld, dit lei daartoe dat die leerder op homself vertrou.
  • Begelei die leerders om alleen op God te vertrou.
  • Leerders leer van diensbaarheid in God se koninkryk. Hulle is met gawes en talente toegerus en moet God en hul naaste daarmee dien.
  • Leerders leer van selfopofferende liefde vir die naaste
  • Daar word gefokus op die bewusmaking van ‘n gesonde respek vir die eie asook naaste se liggaam.
  • Leerders leer om konflik in die lig van die Woord te hanteer.

Persoonlike en sosiale welsyn: gesondheid en omgewingskwessies

  • Daar word aan leerders geleer om lief te wees vir hul kultuurgoedere, dit is ‘n gawe van God. Mens mag ook nie neersien op ander se kulturele gebruike nie.
  • Suid-Afrika het ‘n groot verskeidenheid gelowe, wat nie almal dieselfde glo nie. Hulle aanbid ook nie almal die Drie-Enige God nie. Leerders moet leer dat die enigste Weg en Waarheid na die ewige lewe Jesus Christus is. Dit is ook belangrik om aan die leerders te leer dat ons niemand kan dwing om aan Jesus Christus te glo nie, maar ons het wel ‘n opdrag om die Evangelie te verkondig.
  • Leerders leer ook dat goeie gesondheid ‘n gawe uit die Here se hand is en dat hulle ‘n opdrag het om hulle liggame mooi op te pas en te beskerm. Dit beteken ook dat dit belangrik is om veiligheidsmaatreëls soos bv. swemveiligheid en padbeiligheid te leer.
  • Deel van hierdie module is ook om te leer hoe om die omgewing op te pas, te bewoon en te bewerk tot eer van die Here se Heilige Naam.

Persoonlike en sosiale welsyn: Sosiale verantwoordelikheid in die gemeenskap

  • Die vrug van die Gees is rigtinggewend in die hantering van emosies.
  • Hoe om gebroke verhoudinge in die lig van die Woord te hanteer, leerders besef dat die herstel in Christus gesetel is.
  • Leerders leer van menseregte. Vanuit die Woord kom hul tot die besef dat die Bybel die rigsnoer van hul lewe moet wees en nie die Grondwet nie.