Leonard se groot gril!

Skrywer: Nadine van Rooyen
Uitgawe: 2019
Grootte: A4
Bladsye: 28
Voorraad: 1 Beskikbaar
SKU: 1991
Kode: 9780639988481
R105,00

whaau-sjoee-grm-fff 

Hakkelstert Hiëna het nog nooi só geluid in die bos gehoor nie. Hy kyk bang na die berg. Is dit dalk die berg wat so raas? Al die hare op sy rug staan regop.

boeee-whaaau-grm!

Daar's dit weer! Hy draai sy bakore in die rigting van die geluid. Die vreesaanjaende klank kom nie van die berg af nie. Nee! Die gegrom kom diep, diep vanuit die bos.