Laat My Lammers Wei

Skrywer: Ds. M.J. Booyens
Voorraad: 11 Beskikbaar
SKU: 0008
Kode: 9780869552636
R125,00

Laat My Lammers Wei: Bybelse Geskiedenis vir Katkisasie, Skool en Huis.

'n Betroubare oorsig van die Bybel vir jonk en oud

Net soos 'n herder sy skape oppas, versorg en lei, so doen die Here dit met sy kinders. Hoe Hy dit doen en wat Hy van sy kinders verwag deur sy beloftes, bevele en ook met sy straf, vertel Hy ons in sy Woord, die hele Bybel.

Dit is 'n lang verhaal oor die Here se band met sy kinders - die volk Israel in die Ou Testament en Christus se kerk in die Nuwe Testament.

Hierdie boek vertel in 90 kort hoofstukke hoe Hy, die Almagtige, dit alles gedoen het, sodat die gelowiges Hom kan dien soos Hy gedien wil word. Dit is sy verbondsgeskiedenis.

In maklike leesbare taal vertel die outeur die verhaal, vir kategese, huisgodsdiens en Bybelstudie. Vir oud en jonk. Neem en lees. Soos tallose gelowiges al gedoen het.