Kurrikulumstudies in konteks - 2de uitgawe

C. Booyse, E. du Plessis & M. Maphalala
Vertaal: Woutje Bron
Uitgawe: 2023
Grootte: A5
Bladsye: 169
Voorraad: 127 Beskikbaar
SKU: 2099
Kode: 9780627041402
R400,00

In die hedendaagse multikulturele en inklusiewe klaskamer word onderwysers met meer uitdagings gekonfronteer as ooit tevore. Onderwysers moet die kurrikulum kan interpreteer en implementeer, en daarby kurrikulumontwerp, benaderings tot kurrikulum, verskillende kurrikulummodelle, wetgewing en vasgestelde beleid begryp. Kurrikulumstudies in konteks voorsien deeglik gefundeerde, gedetailleerde en praktiese riglyne, met verwysing na die KABV, ten einde onderwysers te help om doeltreffende onderrig, leer en assessering te bevorder.

Kurrikulumstudies in konteks vernou die gaping tussen die kurrikulum as plan, onderrigontwerp en onderwyspraktyk. Die benaderings van Tyler, Stenhouse, Freire en verskeie ubuntu-teoretici dien as ’n teoretiese begronding vir ’n dieper begrip van die onderwyser se rol as interpreteerder van die kurrikulum. Daar word verder verwys na die invloed van kontekstuele aspekte, dekolonisasie, Afrikanisering en kurrikulum-innovasie.

 Die inhoud omvat onder andere die volgende:

  • Teoretiese raamwerke vir kurrikulumontwikkeling
  • Die verstaan van die kurrikulum binne konteks
  • Die rol van ubuntu-beginsels tydens kurrikulumontwerp en innovering
  • Inagneming van beleid by die interpretasie en implementering van ’n kurrikulum
  • Praktiese riglyne vir kurrikulum-innovasie om doeltreffende onderrig, leer en assessering te bevorder

 

Kurrikulumstudies in konteks is bedoel vir onderwysers in die Algemene Onderwys en Opleiding (AOO-) en die Verdere Onderwys en Opleiding (VOO-) fases.