Kompoun, 'n Roman

Skrywer: Ronelda S Kamfer
Uitgawe: 2021
Grootte: A5
Bladsye: 256
SKU: 2043
Kode: 9780795710384
R250,00

Ek wil nie soos hulle wees nie, ek wil nie begin lieg oor die verkeerdheid wat in ons familie sit soos taai hare vol soutwater nie.

Nadia en haar nefie Xavie is op Groenplaas in die Overberg grootgemaak deur hul ouma, Sylvia McKinny, die "stammoeder van lieg", die een wat die waarheid laat val het soos 'n duur porseleinblompot. Hulle twee kyk terug op hul kinderjare en probeer die stukkes van versplinterde waarheid aanmekaarlas, die dinge waaroor daar in hul familie geswyg word.

Kompoun vertel die verhaal van vriendskap tussen 'n groep nefies en niggies, gesmee deur oorlewing in 'n harde werklikheid, en hoe hulle van die ouergslag wegbreek, maar ook vind dat die verstrengelde bande van familie 'n mens nie maklik laat los nie.