Kerkgeskiedenis vir oud en jonk 2 (500 - 1500 AD) Sagteband

Saamgestel: Pieter en Jenny Boon
Uitgawe: 2025
Grootte: A4
Bladsye: 217
SKU: 4927
R250,00

Hierdie is die tweede boek in 'n reeks wat die kerkgeskiedenis op 'n toeganklike manier aan jonk en oud vertel. Deur verhale, interessante feite, foto's, kaarte en illustrasies word die leser saam op reis geneem deur die Middeleeue. dit was 'n mooi maar moeilike era. In verskeie lande het die Islam groot skade aan die kerk berokken. Ook is baie gelowiges deur 'n afvallige kerk van God se Woord vervreem. Tog was dit ook die tyd waarin Europa gekersten is, Bybels met groot toewyding in kloosters oorgeskryf is en indrukwekkende katedrale gebou is. Deur hervormers soos Petrus Waldus, John Wycliffe en Johannes Hus het die Here sy kerk voorberei op die groot Reformasie wat na die Middeleeue sou volg. 

In ekstra bylae is daar kunsvlytprojekte wat help om die inhoud op 'n kreatiewe manier vas te lê.