Kaburu - 'n Drama vir die verhoog
Skrywer: Deon Opperman
Uitgawe: 2008
Grootte: A5
Bladsye: 72
SKU: 2038
Manufacturer part number: 9781869192532
In Kaburu word die gehoor gekonkonfronteer met die gevolge van emosionele trauma wat met die aktualiteit van die dag skakel, soos emigrasie, die Angolese bosoorlog en kriminele geweld. Deur hierdie aktualiteite te belig, word die drama as’t ware ‘n spieël vir die gehoor. Elna en Bertus, wat reeds geruime tyd in Kanada bly, kom na Suid-Afrika vir Elna se pa se verjaarsdag. Hulle besoek lei tot ‘n hartverskeurende verantwoording van keuses wat elke van die familielede voorheen uitgeoefen het.