Woeste winde waai!
Jorsie is 'n klein worshondjie met 'n baie groot werk: hy is 'n polisiehond!
Wanneer die reën begin sous en die weerlig kwaai klap, maak Jorsie plek in sy huis vir al die benoude diere. Maar as die son weer agter die wolke uitloer, het die dag se drama skaars begin...
Hierdie kleurvolle avontuur is propvol... AKSIE! DRAMA! VOËLTJIES!