John Knox: Met die swaard van die Gees

Skrywer: Catherine Mackenzie
Voorraad: 1 Beskikbaar
SKU: 1018
Kode: 9781928456339
R85,00

Skotland en die hele wêreld is baie aan John Knox verskuldig. Hy het sy lewe deurgebring met die swaard in een hand en 'n Bybel in die ander. En hy was nie bang om enige van die twee te gebruik nie. Terwyl hy een of ander gevaar beveg het, het hy dikwels gevind dat nog een aan die kom was.

Hy was 'n lywag voordat hy 'n prediker geword het, en na 'n venynige geveg by 'n kasteel, was hy gevange geneem as 'n galeislaaf op 'n Franse fregat. So het Knox baie maande as 'n oorlogsmisdadiger deurgebring voordat hy uiteindelik vir 'n ander stryd vrygelaat was. Toe het hy die Swaard van God se Woord opgeneem en vir sy landgenote se gedagtes en siele begin veg.

John Knox het altyd bankvas by sy oortuigings gestaan - beide wat die Bybel en die politiek betref. Hy was oortuig dat mense vry moes wees om te praat, te leer en te lewe.

John het egter geweet dat ware vryheid alleen moontlik was waar die Woord van die Here gepreek word.

Daarom was hy vasbeslote om juis dit te doen, al het hy hom die teenstand van baie op die hals gehaal, selfs ook van Mary Queen of Scots.