Inleiding tot die onderwysreg demonstreer dat daar te midde van 'n oormatige aanbod van inligting steeds ruimte is vir werk wat saamgestel is deur kundiges met 'n magdom kennis en ervaring. Sonder enige twyfel word die gestelde doelwitte en uitkomste bereik, dog dit reik selfs verder deurdat 'n rykdom aan kennis op 'n toeganklike, relevante wyse aangebied word vir enigeen wat poog om die teorie en praktyk van die beheer, bestuur en regulering van onderwys te verstaan.
Van spesifieke belang in hierdie nuwe uitgawe is die byvoeging van die regsraamwerk en -implikasies vir vroeë kinderontwikkeling (VKO). Vir diegene met 'n professionele belang bied dit 'n kundige, inleidende uiteensetting van die fundamentele beginsels wat hul taak onderlê. dit is 'n lesersvriendelike teks, en die skrywers moet gelukgewens word met hul vaardige ontsluiting van die sleutelkwessies inherent aan hierdie komplekse studieveld.