Hierdie omvattende vraag- en antwoordgids vir die kategeet saam met die In U Hande Bybelhandleiding deel 3, bevat alles wat die kategeet of onderwyser nodig het om die Woord in maklike verstaanbare Afrikaans aan ons kinders oor te dra. Die program bestaan uit ’n handleiding (met addisionele bronne beskikbaar op die internet) en werkboeke. Die reeks is geskik vir huisgesinne, kerke en skole.Hierdie Bybelonderrigprogram word uitgegee in samewerking met die Akademie Reformatoriese Opleiding en Studie (Aros). Ons maak erns met die Woord van God en bou ons kinders, studente en ouers op in Bybelkennis. Ons is almal medewerkers in die uitbreiding van God se koninkryk op aarde en deur die werking van die Heilige Gees sal uitgebreide Bybelkennis ons kinders, studente en ouers toerus met die nodige waardes en vaardighede om die Here te dien, deur hul lig in die wêreld te laat skyn en sy getuies te wees.