Wil jy graag 'n regte, egte INGENIEUR word?
INGENIEUR IN OPLEIDING bevat brokkies inligting wat jou sal leer van die vaardighede wat jy benodig om 'n ingenieur te word. Voltooi die eenvoudige take om praktiese ervaring in die verskillende ingenieursberoepe te kry en hoe om soos 'n ingenieur te dink.
IN OPLEIDING is 'n wonderlike reeks wat kinders opgewonde sal maak oor allerlei onderwerpe soos wiskunde, tegnologie, ingenieurswese, die kunste en die wetenskap . Kinders kan ook oor verkillende beroepe leer- van 'n ruimtevaarder tot 'n dokter.