Christene wonder dikwels of hul optrede reg of verkeerd, goed of sleg is of soek leiding om regte besluite te neem wat tot eer van die Here is. ’n Mens moet eerder praat van of optrede eties goed of eties sleg is.
Wanneer ’n Christen sekerheid wil kry of optrede eties goed of sleg is, is die Woord van God, die Bybel die plek waar daar Skrifwaarhede en beginsels is wat ’n mens kan toepas vir beoordeling.
’n Christen moet bewustelik probeer om in alle gedagtes, woorde en dade te soek na dit wat vir God aannemelik en goed is.
Vir sekere dinge is daar vaste riglyne in die Bybel; maar vir ander moet ’n mens biddend delf en ondersoek.