Graad R in Perspektief

Anel Pepler
Uitgawe: 2015
Grootte: A5
Bladsye: 249
Voorraad: 13 Beskikbaar
SKU: 1699
Kode: 9781919985602
R450,00

Graad R in Perspektief: 'n Akademiese en Praktykgerigte Handleiding vir Onderrig in Graad R

Graad R in Perspektief is 'n gestruktureerde akademiese gids vir studente, opvoeders en praktisyns in die veld van vroeëkindontwikkeling. Dit is saamgestel volgens die kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) van die Nasionale Onderwysdepartement 2011 en toon die jongste tendense van internasionale bronne. Die fokus lê op die voorbereiding van die student om die beginsels van die informele onderrigbenadering te verstaan en te implementeer. Duidelike voorskrifte word gegee om kennis, vaardighede en houdings by die jong kind te ontwikkel sodat elke leerling selfverwesenliking kan bereik. Inligting word voorsien oor die inrigting van die klaskamer en speelomgewing om vir leerders optimale leergeleenthede te skep. Leerders se verskillende ontwikkelingsvlakke en kulture word in ag geneem. Wenke vir onderrig in die praktyk word toegelig met toepaslike voorbeelde en foto's.