"Generaal De Wet is 'n naam wat weerklink het in die ore van die hele wêreld. Nie omdat hy dit so gewil het nie. Niks was ons groot held vreemder as reklame nie. Hy was die man van die daad, en die oë van die wêreld is op hom getrek deur die vonke wat vir drie jaar lank gedurig van sy harnas in sy heldestryd vir vryheid gevlieg het."