Fredderiek die elektriek kriek

Skrywer: Louis Botha
Uitgawe: 2021
Grootte: A5
Bladsye: 24
Voorraad: 2 Beskikbaar
SKU: 6002
Kode: 9781990954573
R75,00

Ann die einde van die straat, daar eenkant  amper in die veld, staan 'n ou-ou huis waarin niemand woon nie. Groot eikebome skuur met hul takke oor die huis se dak. Langs die ppadjie na die huis groei lang gras en bossies. Teen die voorhekkie hang 'n bordjie skeef met die woorde "Te Koop" daarop.

Daar woon geen mense in die huis nie, maar dit bied woonplek aan 'n menigte krieke. In die aand wanneer dit begin donker word, begin die krieke hul voorste vlerkies saamvryf om kriekmusiek te maak. Fredderiek wil baie graag saam met die ander krieke musiek maak, maar al probeer hy ook hoe hard hy kan net nie die regte noot kry nie.