Die verslawing waaroor niemand mag praat nie (Pornografie) - 'n Nuwe lewe in Christus

Skrywer: Dr. Morné Diedericks
Uitgawe: 2018
Grootte: A5
Bladsye: 46
Voorraad: 1 Beskikbaar
SKU: 1834
Kode: 9780639955353
R65,00

Pornografie verslawing veroorsaak 'n diep worstelstryd by mense, 'n stryd wat talle mense op hulle eie probeer veg. Hierdie geveg op jou eie is tevergeefs. Pornografie is vandag die mees verwoestende verslawing vir ons samelewing en dit is die onderwerp waaroor die minste gepraat word. Waarom is dit so? Die huwelik en gesonde seksuele verhouding in die huwelik is van die kosbaarste geskenke van God. Satan se kragtigste middel om samelewings te vernietig is om hierdie geskenk van God te verander in die lelikste ding wat daar kan wees, pornografie.